Die wat kom kyk het

Thursday, August 11, 2011

Reelings weergawe een

Dames en Menere,

Jy het geregistreer vir ons sessie. Jou vertroue is prysloos... Jy elke oomblik sal geniet!

Ons is voltallig en verteenwoordig ‘n legio bedrywe: Konsultasie, mediese ondersteuning, ons het groot fabrieke en ons bespaar energie, ons ouditeer boeke en belĂȘ op wispulturige markte, ons help mense met lewensdrome en rig hul beplanning, ons het verloor en weer opgestaan, ons het groot bedrywe gebou en ook verloor, ons het ons lewenspad opgegee en weer begin. Ons is ingenieurs, ekonome, batebestuurders, lewensrigters, dromers om hierdie aarde ‘n beter plek te maak Tussen ons is alles moontlik.

Kom met oop ore, bring baie besigheidskaartjies, deel jou vrese, jou drome, jou paadjie en waar jy die meeste geleer het.

Jy sal nie blootgestel word nie, jy sal die kans kry om te deel en te vra, jy sal dit geniet.

Die venue is ‘n klein kerkie net groot genoeg vir ons en die tegnologie gaan beperk wees tot ‘n flipbord. Ons sal verdeel in groepies en weer saam kom en die hele boodskap deel. Ons sal ‘n boekie skryf wat net aan ons sal behoort.

Bring saam: ‘n pen, oop ore, oop gemoed, oop hart en ‘n kussing want jou groepie sal dalk buite onder ‘n boom wil sit.

Laat kom en vroeg loop sal so ontwrigtend wees. Probeer voor 08:15 daar wees, (Johannesburgers: 15 minute van Hatfield stasie, neem die Menlyn bus maar reel met ons om jou daar te kry) koffie en beskuit wag vir jou en dan as almal daar is begin ons. Klaar maak? Wie weet, maar ons beplan teen 14:00 op die laaste, wetende dat die proses sy eie verloop neem.

Alles in Afrikaans, want met ons harttaal kan soveel meer onstluit.

Dis verniet, maar jy moet darem vir jou eet - en drinkgoed betaal. Bring asseblief 2xR100 in gebruikte note saam. Dis surplussie sal ons skenk aan iemand wat dit nodig het.

Gee idees, verwagtinge enigiets wat jy nou al wil deel. Ons sit dit in die besoekersboek en sal nie jou naam sonder jou toestemming gebruik nie. Doen dit!

Van nou af sal die webwerf gereeld verander soos nuwe idees en dinge inkom. Loer asseblief daar elke dag of twee. Al die fotos is van Francois, ons Vespa drywende batebestuurder! Dis by www.corvus.co.za <http://www.corvus.co.za>  en volg net die “Tussen Stasies” skakel. Die aanwysings na Madame Rose is ook aangeheg.

Dit is goed om jou te ken!
Deon, Francois en Van der Spuy

No comments:

Post a Comment