Die wat kom kyk het

Monday, August 22, 2011

Groep terugvoer (Marita)


Overview
Groep: Coen, Gustav, Nadia, Herman, Marita


Waar was jy?
   Beskou lewe/loopbaan as reis met verskilende fases. Begin met formele studie, daarna staatsdiens, dan eie besigheid
   Grootword in platteland, veilige omgewing, daarna stad toe vir studies
   Studeer – graad, honneurs, meesters. Projekte / werk op kantlyn. Begin direk eie besigheid met vennote met ondervinding. Beperk risiko (pasop vir skuld / borgstaan!)
   Ontwikkel tegniese vaardighede in veilige omgewing, daarna versigtig maar ‘arrogant’ eie besigheid
   Lank in korporatiewe omgewing

Waar is jy nou?
   Bedank, begin eie besigheid (met eggenoot), neem intussen mpy oor waar voorheen werknemer was!
   Besigheid is gevestig/ volwasse; moet begin losmaak van stigterslede
   Het dierekte betrokkenheid by konsultasie afgeskaal; leer nou baie by ander (weet nou ek weet min!)
   ‘Bottom-of-pyramid’ belangstelling; beide om te gee en deel van hierdie markwaarde te in
   Wil teruggee
   Weer student; leer nuwe vaardighede

Waarheen is jy op pad?
   Wil lewenslesse formaliseer – boek skryf!
   Wil besigheid uitbrei, begin met gesin maar steeds betrokke bly by besigheid
   Besigheid groei na buiteland
   Nuwe besigheid begin
   Sosiale verantwoordelikheid uitoefen (smileride)
   Reis, ontdek, leer, ander leer

Kleur/geur rondom besigheid
   Roei (wil weer meer kompeterend roei)
   Begin met gesin
   Sport
   Fietsry
   Harley

Lekkerste plek
   Waar ander mense blom
   Huis, ook in bos langs vuurtjie
   Gesin, vriende
   Iewers op Harley
   Berge, riviere
   Besig om probleem op te los saam met kollegas

Grootste struikelblok
   Hoe om professionele mense gelukkig te hou en te behou in besigheid
   Glo ek is goed genoeg (‘capable’), veral om eie ding te doen!
   Weet ek is nie ‘n goeie bestuurder nie; maak seker daar is iemand wat hierdie rol speel in besigheid
   Ekself! Het hard gewerk en skoot geluk gehad maar kon dalk al meer bereik het as ek in myself geglo het.
   Klein oorwinnings, tree vir tree, gee geloof in self.

Wie het jou positief beïnvloed?
   Professor (mentor) – het vertroue in my gehad / onvoorwaardelik in my geglo, was voorsitter van maatskappy
   Oupa, ouers, skoonpa – harde werk kan moeilike tye oorkom
   Vennote – tegniese kennis / wysheid / waagmoed
   Iemand wat in my geglo het
   Enkele goeie vriende
   VDS!

Grootste ding wat met jou gebeur het
    Na 10 jaar afgedank uit eie maatskappy! Maar was uiteindelik die beste ding wat kon gebeur het
   Eie besigheid begin
   Troudag – begin lewe met iemand anders; aanvaar ons sal mekaar skaaf en skuur
   Kinders
   Verlaat veilige korporatiewe omgewing
   Moet nog gebeur! Op pad daarheen.

Wyshede
   Volg jou passie/hart!!!
   ‘You can do anything you set your mind to, just take the first step.
   Moenie vir die pawiljoen speel nie
   Begin klein, beperk risiko (moet nie wilde kanse vat nie), wees gedissiplineerd, leer soveel moontlik
   Verstaan finansies!
   Dis ‘n lang pad, onthou 10 000 uur reël
   Moet nie bang wees om suksesvol te wees nie!
   Wees getrou aan jouself, kom voornemens (klein en groot) na
   Hou op om ander te oordeel, luister en probeer verstaan
   Gee is beter as ontvang
   ‘Adversity is an opportunity in disguise’
   Moet nie wag vir goedkeuring van ander nie, ander weet ook nie regtig nie
   Wees naaste aan jou ‘lawyer’ wanneer jy hom die minste nodig het…

No comments:

Post a Comment