Die wat kom kyk het

Monday, August 22, 2011

Groep terugvoer (Marita)


Overview
Groep: Coen, Gustav, Nadia, Herman, Marita


Waar was jy?
▪   Beskou lewe/loopbaan as reis met verskilende fases. Begin met formele studie, daarna staatsdiens, dan eie besigheid
▪   Grootword in platteland, veilige omgewing, daarna stad toe vir studies
▪   Studeer – graad, honneurs, meesters. Projekte / werk op kantlyn. Begin direk eie besigheid met vennote met ondervinding. Beperk risiko (pasop vir skuld / borgstaan!)
▪   Ontwikkel tegniese vaardighede in veilige omgewing, daarna versigtig maar ‘arrogant’ eie besigheid
▪   Lank in korporatiewe omgewing

Waar is jy nou?
▪   Bedank, begin eie besigheid (met eggenoot), neem intussen mpy oor waar voorheen werknemer was!
▪   Besigheid is gevestig/ volwasse; moet begin losmaak van stigterslede
▪   Het dierekte betrokkenheid by konsultasie afgeskaal; leer nou baie by ander (weet nou ek weet min!)
▪   ‘Bottom-of-pyramid’ belangstelling; beide om te gee en deel van hierdie markwaarde te in
▪   Wil teruggee
▪   Weer student; leer nuwe vaardighede

Waarheen is jy op pad?
▪   Wil lewenslesse formaliseer – boek skryf!
▪   Wil besigheid uitbrei, begin met gesin maar steeds betrokke bly by besigheid
▪   Besigheid groei na buiteland
▪   Nuwe besigheid begin
▪   Sosiale verantwoordelikheid uitoefen (smileride)
▪   Reis, ontdek, leer, ander leer

Kleur/geur rondom besigheid
▪   Roei (wil weer meer kompeterend roei)
▪   Begin met gesin
▪   Sport
▪   Fietsry
▪   Harley

Lekkerste plek
▪   Waar ander mense blom
▪   Huis, ook in bos langs vuurtjie
▪   Gesin, vriende
▪   Iewers op Harley
▪   Berge, riviere
▪   Besig om probleem op te los saam met kollegas

Grootste struikelblok
▪   Hoe om professionele mense gelukkig te hou en te behou in besigheid
▪   Glo ek is goed genoeg (‘capable’), veral om eie ding te doen!
▪   Weet ek is nie ‘n goeie bestuurder nie; maak seker daar is iemand wat hierdie rol speel in besigheid
▪   Ekself! Het hard gewerk en skoot geluk gehad maar kon dalk al meer bereik het as ek in myself geglo het.
▪   Klein oorwinnings, tree vir tree, gee geloof in self.

Wie het jou positief beïnvloed?
▪   Professor (mentor) – het vertroue in my gehad / onvoorwaardelik in my geglo, was voorsitter van maatskappy
▪   Oupa, ouers, skoonpa – harde werk kan moeilike tye oorkom
▪   Vennote – tegniese kennis / wysheid / waagmoed
▪   Iemand wat in my geglo het
▪   Enkele goeie vriende
▪   VDS!

Grootste ding wat met jou gebeur het
▪    Na 10 jaar afgedank uit eie maatskappy! Maar was uiteindelik die beste ding wat kon gebeur het
▪   Eie besigheid begin
▪   Troudag – begin lewe met iemand anders; aanvaar ons sal mekaar skaaf en skuur
▪   Kinders
▪   Verlaat veilige korporatiewe omgewing
▪   Moet nog gebeur! Op pad daarheen.

Wyshede
▪   Volg jou passie/hart!!!
▪   ‘You can do anything you set your mind to, just take the first step.
▪   Moenie vir die pawiljoen speel nie
▪   Begin klein, beperk risiko (moet nie wilde kanse vat nie), wees gedissiplineerd, leer soveel moontlik
▪   Verstaan finansies!
▪   Dis ‘n lang pad, onthou 10 000 uur reël
▪   Moet nie bang wees om suksesvol te wees nie!
▪   Wees getrou aan jouself, kom voornemens (klein en groot) na
▪   Hou op om ander te oordeel, luister en probeer verstaan
▪   Gee is beter as ontvang
▪   ‘Adversity is an opportunity in disguise’
▪   Moet nie wag vir goedkeuring van ander nie, ander weet ook nie regtig nie
▪   Wees naaste aan jou ‘lawyer’ wanneer jy hom die minste nodig het…

No comments:

Post a Comment