Die wat kom kyk het

Monday, August 22, 2011

Groep terugvoer (Gerda)

Tussen Stasies – Besigheidsverhale van Marieta, Johan, Abri, Cecelia & Gerda

Waar ons was:

·         Tussen 20 - 30 jaar ‘diens’ gedoen in verskeie korporasies, van finansiele, IT, ingenieurs, medies en wetenskaplike en regsbedrywe;
·         Ons het hard gewerk, hoë posisies bereik en ‘fancy; titels beklee,  aangedryf deur ons ambisie & ‘fear of failure’;
·         Ons het belans verloor soos ons jaar na jaar ons menswees vir ‘titels’ veruil het;
·         Ons het gedink ons weet alles!
·         Ons het wel baie kennis, ervaring opgebou wat ons dankbaar voor is & wat ons nie summier weg gegooi het nie.

Waar ons nou is:

·         Ons lewespaaidjies het ons gely om ons in te rig om onsself en ander mense te help, deur:
o   Mentorskap,
o   Kreatiewe, en
o   Entrepreneurskap’s besighede.
·         Ons het vir ons nuwe identiteite en nuwe werksomgewings geskep wat ons gelukkig & tevrede maak;
·         Ons het getrou & ‘n nuwe lewe begin;
·         Ons is in ‘n lekker ‘space’ & sien die lewe met ‘n ander perspektief;
·         Ons maak ‘n verskil deur aan die sake & gemeenskappe om ons, om van ons ‘expertise’ terug te gee.

Hoe ons daar uitgekom het:

·         Ons het by kruispaaie gestop & onsself afgevra:
o   “Wat nou?”
o   “Wat maak ek hier?”, en
o   “Hey, ek’s verby my ‘sell-by date’”!

Ons is oppad, na:

·         ‘n Opwindende toekoms, gevul met nuwe inisiatiewe & besighede soos:
o    ‘n Pub & Diner te bestuur,
o   om ons besighede Internasionaal uit te brei, en
o   om die lewe as ‘n avontuur te ‘embrace’, al wag daar onbekende dinge.

Ons lekkerste plekke:

·         Om te reis & bederf te word in Bali, Europa & Mauritius;
·         Om die pad bos toe te vat & te scubaduik vir die lekker, en
·         Om in & om ons huise met die gesin & familie te kuier.

Grootste struikelblok:

·         Van ons het met gesondheid geworstel, soos ‘burn-out’, depressie en selfs ‘n doodsvonnis oorkom met gebedsgenesing;
·         Ons het ook donkerpaaie van egskeiding oorkom, en
·         Ons is van ons huise ontneem soos wat betaal-gaste dit oorgeneem het.

Groot dinge wat met ons gebeur het:

·         Van ons het vroeg afgetree, ander het sommer net bedank, om nuwe beroepe & nuwe blaadjies om te slaan.
·         Dit was nie maklik om van die veilige hawes van die korporatiewe lewe af te sien nie en veral die welkome, gereelde salaristjek,
·         Ons het harde bene gekou om die finansies te maak werk.

Mense wat ons positief beinvloed het:

·         Mandela
·         Rober Kiosaki & vrou (van Rich Dad Poor Dad & Rich Woman faam);
·         Ons ouers, kinders & vrouens;
·         Self – ons motiveer onsself daagliks, en
·         Ons lees boeke om ons te inspireer, soos:
o   The Power of Now
o   Finishing Well
o   Rich Woman
o   Care of the Soul (Thomas Moore)

Die groot dinge & struikelblokke het ons geleer:

·         Om met ander oë na die lewe te kyk;
·         Te luister & ander se behoeftes te verstaan, en
·         Met meer verantwoordelikheid te lewe.

Wyshede wat ons wil deel:

·         Vind uit wat jou passie is, volg dit na & sien hoe jy ander daarmee kan help;
·         In besigheid – sluit venootskappe & alliansies – alleen kry jy maar min reg;
·         Lewe elke dag om jou beste te gee;
·         Geniet die lewe
·         “listen to understand and not to respond”
·         Lewe on te werk, nie werk om te lewe nie.
·         Vertou jou intuisie
·         Gee jou kinders arendsvlerke
·         Jou gedagtes bepaal jou lewe
·         ‘Live for now’
·         Moet nie mense op hulle baadjie takseer nie, en
·         Wees lief vir jouself.

No comments:

Post a Comment